Trump se foongesprekke afgeluister

Die wêreld is aan die gons nadat vasgestel is dat minstens twee uiters sensitiewe telefoongesprekke van president Donald Trump na die buiteland volledig in die hand van die pers gekom het.

Die telefoongesprek tussen die president en sy Meksikaanse eweknie het op onverklaarbare wyse volledig in die hand van die Amerikaanse koerant, die Washington Post gekom.

Die tweede gesprek is getap waar die president met premier Turnbull van Australië gesprek voer oor die immigrante wat na die VSA gestuur sou word soos wat Barack Obama aanvanklik gereël het maar deur Trump geweier is.

In die gesprek met Meksiko se president Nieto het Trump met hom ooreengekom om nie weer oor die muur tussen die twee lande te praat nie en dat die gesprek se inhoud nie met die pers bespreek sal word nie.

Die twee foonoproepe word beskou as van die mees vertroulike gesprekke van die Amerikaanse president, wat die vermoede laat dat baie gesprekke gelek het na die media terwyl dit onbekend is wie daarvoor verantwoordelik is.

Foto – President Donald Trump