Top polisie offisier in die spervuur

Brigadier Leonara Bamuza-Phetlhe staar ‘n interne ondersoek in die gesig nadat sy ‘n top sekuriteitsklaring uitgereik het vir generaal-majoor Pat Mokushane.

Dit het boonop gebeur nog voordat die beoordelingspaneel ‘n aanbeveling in die verband gedoen het.

Mokushane het in Junie genl.-maj. Makhele vervang wat sonder enige verduideliking uit die pos verwyder is.

Sally de Beer, die SAP woordvoerder, het bevestig dat daar ‘n interne ondersoek aan die gang is maar geen verdere inligting verskaf nie.

Foto: Genl.-maj. Sally de Beer