Tientalle vulkane ontdek in Antarktika

Die gebied bekend as Wes-Antarktika sal voortaan erken word dat dit hoort by die grootste vulkaniese gebied op aarde.

’n Span Skotse wetenskaplikes het ’n lys saamgestel met 91 nuwe vulkane wat ontdek is wat nou die totaal eensklaps op 138 te staan bring.

Die wetenskaplikes se woordvoerder, Robert Bingham sê in hul verslag dat dit veel meer is as wat verwag is.

Hy is verbond aan die Universiteit van Edinburg, en het saamgewerk met die span wetenskaplikes wat reken die moontlikheid bestaan dat hulle nog nie al die vulkane ontdek het nie.

Hy sê die gebied het die hoogste vulkaan digtheid ter wêreld wat ook beteken dat ’n uitbarsting aldaar die ys op groot skaal sal laat smelt in die hele Antarktika gebied.

Dit sal meebring dat die see se watervlak vinniger sal styg na mate die ys smelt, met die totale verhittingsproses wat ook vinniger sal plaasvind.

Die span ondersoekers is egter nie seker of die klomp vulkane nog lewendig is nie, en sal met verdere navorsing probeer bepaal wat hulle status is.