Terroriste ly swaar verliese in Irak

Die Irakse weermag het oorwinnings behaal in elke deel van die Islamitiese Staat se beheerde gebied wat aangeval is, en het reeds 70 persent van die stad Tal Afar herwin en bevry van terroriste beheer.

Die stad is van strategiese waarde omdat dit op die roete wat voorsiening van voorraad aan die Siriese stad Mosul geleë is.

Die Irakse weermag woordvoerder het gesê die stad is bevry van terroriste oorheersing en die inwoners kan weer vrylik beweeg, maar die een deel van die stad moet ook nog herwin word.

Gevegte het die afgelope drie weke gewoed tussen soldate van die weermag en vegters van die Islamitiese Staat, maar die volgehoue aanslae van die weermag, tesame met die ondersteuning van lugaanvalle, het uiteindelik die deurslag gegee.

Die minister van buitelandse sake in Irak, Ibrahim al-Jaafari, het later bevestig dat 70% van die stad bevry is en dat soldate verwoed voort veg om die hele stad te bevry.

Waarnemers meen die aanslag is van so ’n aard dat dit nie soos in die geval van Mosul, vir inwoners nodig is om die stad te verlaat tot die terroriste verdryf is nie.