Terroriste dood twee in Finland

In die Finse stad Turku het ook ’n terroriste aanval tot die dood van twee onskuldige mense gelei, en is minstens ses mense met messteek wonde beseer.

Polisie het blitsvinnig op die toneel gekom en die aanvaller is summier doodgeskiet terwyl sy medewerker gesoek is en sowat ’n uur later in hegtenis geneem is.

Die terroriste se plan om tientalle voetgangers met messe te dood, is gefnuik toe die polisie vinnig op die toneel was en die een terroris sonder huiwering in die been gewond het, wat hom later dood gebloei het.

Die polisie het vasgestel dat die messteker wat deur die polisie geskiet is, ’n 18-jarige Marokkaanse Islamitiese Staat terroris is wat pas uit die Midde-Ooste teruggekeer het na Finland met die klaarblyklike doel om te moor.

Volgens ’n woordvoerder van die hospitaal is vyf van die gewondes vroue, en geen kinders is beseer in die aanval nie.

Die aanval word deur kenners gesien as deel van die Islamitiese Staat se wraakaanvalle wat uitgevoer word deur vegters wat uit Irak en Sirië teruggekeer het na Europa en Skandinawië nadat hulle opleiding aldaar ontvang het.