Te min geld om Trump te beskerm

Die Amerikaanse Geheime Diens se begroting is nie voldoende om die honderde spesiale agente te betaal wat nodig is om president Donald Trump en sy familie te beskerm nie.

Die inligting is pas vrygestel in ’n spesiale verslag wat klaarblyklik voor die Amerikaanse Kongres sal dien.

Die tekort aan geld kom reeds vir meer as tien jaar, en laat die president en sy familie in ’n moeilike posisie aangesien elkeen van die Trump familie geregtig is op behoorlike beskerming, veral wanneer hulle na die buiteland sou reis.

Meer as ’n duisend agente van die veiligheidsdienste word uit federale fondse betaal om die familie te beskerm, maar nou blyk dit dat daar nie voldoende fondse beskikbaar gestel word nie, veral omdat die Trump familie redelik groot is en almal beskerm moet word ingevolge die land se grondwet.

Ruim 42 mense geniet beskerming waarvan 18 lede van die Trump familie is, wat volgens sekere bepalings deur ’n spesifieke aantal agente vir elkeen benodig word om beskerming te bied.

Dit is bekend dat die president nie sy maandelikse salaris vir homself hou nie, en deel dit uit aan instansies wat ’n tekort aan fondse het.

Intussen is ’n span deskundiges besig om die Wit Huis se bedrading na te gaan nadat vasgestel is dat gesprekke in die gebou afgeluister word.