Swede die angel of die vredemaker?

Daar bestaan steeds ’n spesiale band tussen Swede en die Noord-Koreane met die bewys daarvan dat ’n ou Volvo motor wat reeds 500 000 km afgelê het, spesiale aandag gekry het van Swede.

Volvo is ’n straatbeeld van Sweedse betrokkenheid by Pyongyang, en dit laat die vraag ontstaan of die Vikings se handel met die kommuniste sal voortgaan soos in die verlede met die nuwe sanksies wat teen die skiereiland ingestel is.

Ekonome en politieke ontleders vra of Swede nie die aangewese land is wat die bemiddelaar moet wees tussen Pyongyang en Washington nie.

Swede het in die jare sewentig en daarna honderde Volvo motors uitgevoer na Noord-Korea, en daarmee handelsbande gesmee wat raar, maar wel stewig gebly het.

Alhoewel Swede tot hierdie dag nog geen sent van Noord-Korea ontvang het vir die voertuie nie, het die handelsband blykbaar staande gebly.

Met die historiese agtergrond oor die verhouding tussen die twee lande, word daar nou gegis oor die moontlikheid dat Swede die konflik kan besweer met die Verenigde State.

Voorheen het Swede as bemiddelaar opgetree tussen die twee lande met hulle geskil oor mense wat in hegtenis geneem is en uitgelewer moes word.

Die onlangse vrylating van die Amerikaanse student Otto Warmbier, wat in Noord-Korea vir jare in aanhouding was onder die allerverskriklikste omstandighede, is met die tussenbeide tree van Swede uiteindelik vrygelaat.

Ulv Hanssen van die Sweedse Instituut vir Internasionale Sake sê Swede is moontlik die aangewese land om as bemiddelaar op te tree, maar dit sal ’n veel moeiliker taak wees, en het ten doel om ’n oorlog te voorkom wat die ganse mensdom kan vernietig.

Die Sweedse minister van buitelandse sake het egter nie gereageer op die gedagte van Hanssen nie.

Sweedse betrokkenheid by bemiddeling in die sake van Noord-Korea, gaan terug tot die vyftiger jare van die vorige eeu, toe die Koreaanse oorlog gewoed het en die land in twee verdeel het wat vandag bekend is as Noord-Korea en Suid-Korea.

Alhoewel daar geen vredesverdrag gesluit is tussen die twee lande nie, het Swede wel meegedoen om die wapen- en skietstilstand te verseker.

Dit is ’n bekende feit dat Swede steeds hulp verleen het van humanitêre aard in die geïsoleerde staat met sy kommunistiese regime.

Foto – Volvo in Noord-Korea met 500 000 km