Swart redakteurs forum eis aksie teen BLF

Die Suid Afrikaanse Redakteurs Forum (Sanef) beskuldig die BlackLandFirst (BLF) groep daarvan dat hul ‘n hofbevel verontagsaam het.

Hulle vra dat daar opgetree moet word teen BLF se leier Andile Mngxitama. 

Dit volg nadat BLF ‘n vergadering ontwrig het in Braamfontein te midde van ‘n hofbevel wat hul verbied om joernaliste te intimideer.

Politieke ontleders is van mening dat die organisasie se leiers in hegtenis geneem moet word weens die feit dat hulle ’n hofbevel verontagsaam.

Foto – Ondersteuner van BlackLandFirst