Swart naweek op plase

Skaars nadat VF Plus sy kommer uitgespreek het oor die barbaarse wreedheid waarmee kwesbare slagoffers op plase en kleinhoewes aangeval, gemartel en in baie gevalle vermoor word, het die landbougemeenskap ‘n verdere swart naweek gehad betreffende plaasmoorde.

Nog ‘n wrede moord het op Kinross plaasgevind, nadat ‘n boer skynbaar eers vermoor is toe hy sy beeste gaan soek het, en toe in sy bakkie gesit is, waarna die bakkie naby ‘n plakkerskamp aan die brand gesteek is. Die 62-jarige mnr.  Anton Smuts het totaal verkool.

In Noord-Transvaal is die 68-jarige mnr. Piet van Zyl en sy 66-jarige vrou, Tilla, op hulle plaas naby Roedtan vermoor.  Die terroriste het gewelddadig toegang tot die huis gekry, die egpaar geskiet en die kluis oopgebreek.

In geen van die gevalle is daar al van die terroriste in hegtenis geneem nie, en geen regeringswoordvoerder het al ‘n woord van veroordeling daaroor gerep nie.

Dr. Groenewald sê dit is nog meer kommerwekkend dat baie van hierdie slagoffers bejaard is.  “Booswigte teiken kwesbare lede van ons samelewing, waarskynlik omdat dit makliker is om hulle te oorrompel en te beroof, maar die moord en marteling van sulke teikens dui op ʼn bose, barbaarse en onmenslike ondertoon aan hierdie tipe aanvalle.

“Die regerende party staan nie onskuldig in hierdie geval nie.  Hul aanhoudende rasse-retoriek en bangmaakstories oor witmense blaas hierdie tipe misdaad aan,” sê dr. Groenewald.