Stamkaptein vat grond vir homself

‘n Bejaarde Bongumusa Mfeka is sonder blik of bloos deur die stamkaptein van die grond afgesit in Mpukunyoni by Mtubatuba in Natal.

Die 79-jarige Mfeka is op die grond gebore en het daar aangebly na sy ouers se afsterwe in die 1990’s.  Alhoewel hy nooit enige skriftelike bewys daarvoor gehad het nie, glo hy die grond is sy eiendom, maar in 2015 het sy buurman daarop begin aanspraak maak en gesê hy het die grond nodig vir sake doeleindes.

Hy het die saak met die hoofman gaan bespreek, wat bevestig het dat dit sy regmatige grond is.

Nou het hoofman Mzokhulayo Mkhwanazi self die grond opgeëis en Mfeka beveel om die grond in twee te verdeel. Hy kan dit eis, want dit is sy (die hoofman) se grond en hy kan daarmee doen wat hy wil.

Mfeka het nou die Zoeloekoning se hulp ingeroep in die saak.

Dit blyk nou dat die “kolonialistiese stelsel” van titelaktes ook die swart eienaars kan beskerm  teen voorvalle soos dié.