Soweto sokker stormloop – Ministeriële ondersoek

Tydens ‘n sokkerwedstryd die afgelope naweek het toeskouers wat nie kaartjies kon bekom nie, die hekke van die FNB stadion by Soweto bestorm, deurgebreek en in die proses is twee toeskouers gedood en twee ander krities beseer.

Sulke gedrag hoort volgens regeringswoordvoerders nie in ‘n beskaafde land nie. Waarnemers sê dat almal teen die tyd al ervaar het dat die land nie beskaaf is nie.

Ironies genoed het die minister van sport, Thulas Nxesi, aangekondig dat ‘n ministeriële komitee aangewys gaan word om die geval te ondersoek.

Geen minister van polisie het nog ooit aangekondig dat daar ministeriële ondersoek ingestel gaan word na duisende plaasboere wat vermoor is nie.