Smullekker gebakte kool

Almal sal van hierdie koolgereg ‘n tweede porsie wil eet. Dit is heerlik en sommer vinnig en maklik om vir Vrydagaand te bak, saam met ‘n vars broodrol.

 

Gebakte kool:

Bestanddele:

1 middelslag kopkool fyn gekerf

250 ml gerasperde cheddarkaas

250 ml sagte witbrood krummels

1 pakkie ontbytspek, gesnipper

5 ml gerasperde ui

4 eiers geklits

125 ml melk

Sout en gemaalde swartpeper na smaak

 

Metode:

Kook die gekerfde kool in soutwater tot dit net sag is en dreineer tot al die water af is.

Braai die gesnipperde spek op lae hitte in ‘n droë pan en laat afkoel.

Roer die gerasperde ui by die spek.

Voorverhit die oond tot 180 grade.

Smeer of bespuit ‘n oondvaste bak met ‘n volume van 2 liter.

Meng die kool met die res van die bestanddele en geur met sout en peper.

Skep in die oondbak en bak dit vir ‘n uur tot die eiermengsel gestol het.

 

Geniet ‘n besondere ete