Slegs twee Noord-Kaapse munisipaliteite effektief

Slegs twee Noord-Kaapse munisipaliteite is effektief, terwyl nege munisipaliteite “redelik op standaard” is.

Dit blyk uit onthullings van Abe Abrahams aan die komitees van onderwys en ontspanning en maatskaplike dienste van die Nasionale Raad van Provinsies.

Volgens Abrahams is die meerderheid munisipaliteit, ‘n hele 14 van hulle, totaal wanfunksioneel, terwyl ‘n verdere ses munisipaliteite “amper wanfunksioneel” is.