Skok oor Zuma se aankondiging

ANC president Jacob Zuma het opdrag gegee aan die Spesiale Ondersoek Eenheid om Natal se tesourie afdeling te ondersoek.

Die provinsie se portefeulje komitee se voorsitter, Sipho Nkosi, het sy skok uitgespreek oor die aankondiging in die lig daarvan dat die ouditeur-generaal vir sewe agtereenvolgende jare ‘n skoon oudit uitgereik het vir Natal.

Zuma se opdrag behels die ondersoek na wanadministrasie, korrupsie, nalatige verlies van openbare fondse en beskadiging van openbare eiendom.

Intussen het daar nog niks gekom van Zuma se belofte om ‘n regterlike kommissie aan te stel om staatskaping te ondersoek.