Sjina probeer VSA kalmeer

Sjina se president, Xi Jinping, sê in ’n verklaring die Amerikaanse president, Donald Trump, behoort die krisis met Noord-Korea te beëindig en liefs nie uitlatings maak van militêre gereedheid teen die Koreane nie.

President Trump het verlede Vrydag tydens die woord-oorlog met Noord-Korea, gesê die VSA is “locked and loaded,” op militêre gebied.

Daarmee het die president glo bedoel dat die VSA nou militêr gereedstaan om enige aanval van Noord-Korea teen te staan met ’n geweldige teen aanval.

In ’n telefoniese oproep na president Trump die naweek, het president Xi Jinping gemaan en gevra vir ’n vreedsame oplossing met Noord-Korea.

Die Sjinese president het gesê verstandige optrede is in die belang van Amerika en Sjina om ’n vreedsame weg te volg wat ook in belang is van die Koreaanse skiereiland wat vrede en stabiliteit vir almal verseker.

Die president het Trump gevra om sy woorde versigtig te kies en so op te tree dat dit nie verder spanning teweegbring nie.

Waarnemers meen die Amerikaanse president het nie met sy dreigemente daartoe bygedra dat die Noord-Koreaanse regime sal afsien van hul kernwapen ontwikkelingsprogram nie.

Amerika kon tot hede nie daarin slaag om die wêreld te oortuig dat hy almal kan gebied wat om te doen nie.

Sjina is ontevrede oor die Amerikaanse oorlogskip wat binne sy “gebied” gevaar het in die Sjinese Suid See, en Venezuela het nie geskrik vir president Trump se dreigement van militêre ingryping om die diktatorskap te beëindig nie.

Foto – Xi Jinping