SAUK wil geld herwin

Die SAUK het aangekondig dat hul pogings gaan aanwend om gelde te herwin wat Hlaudi Motsoeneg en James Aguna gekry het deur onregmatige transaksies.

Motsoeneng moet klaarblyklik sy R11 miljoen bonus terugbetaal, wat gekoppel is aan ‘n MultiChoice ooreenkoms.

Pensioengelde van die twee word tans gevries hangende die ondersoek. Die SAUK het gesê dat as die twee nie die gelde terugbetaal nie, hulle strafregtelik vervolg gaan word.