Sanksies teen Noord-Korea verskerp

’n Nuwe resolusie van die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad is ingedien deur die Verenigde State van Amerika om strenger strafmaatreëls in te stel teen Noord-Korea.

Ingevolge die resolusie sal strenger handelsanksies toegepas word met die verskaffing van steenkool, yster, lood, en selfs seekosse.

Die resolusie is deur Rusland en Sjina gesteun in ’n hernude poging om die land te stuit in sy kern toetsprogram, is bewaarheid.

Opnames toon dat Noord-Korea se invoere op die paar kommoditeite meer as een miljard euro beloop.

Die resolusie bevat ook klousules wat ander lande verbied om enige werksgeleenthede toe te laat vir burgers van Noord-Korea.

Beleggings van enige aard word ook nie verder toegelaat in die land nie, maar kenners meen die sanksies alleen is steeds nie voldoende om Noord-Korea te laat afsien van sy beoogde ontwikkelingsprogram nie.

Etlike jare gelede het die VSA in gesprek met Noord-Korea aangebied dat hy sal enige bedrag geld betaal, en ander handelsooreenkomste steun in ruil vir die beëindiging van die program, maar die regering van Kim Jong-Un het die aanbod verwerp.

Rusland en Sjina het tot hede ’n sterk ondersteuningsbasis gebied aan die kommunistiese Noord-Korea, wat die land in staat gestel het om jaarliks ’n groeikoers van 4% te handhaaf.

Foto – Kim Jong-Un