Samsung baas tronk toe

Die omkoop en korrupsie skandaal waarin die waarnemende voorsitter van die tegnologiese reus, Samsung, by betrokke was, is deur die hoërhof in Suid-Korea gevonnis met 5 jaar hardepad.

Lee Jae-yong se tronkstraf spruit uit sy aandeel van omkoopgeld te betaal en ander kriminele oortredings te begaan wat uiteindelik ook die vorige president van die land haar pos gekos het.

Die man is die derde rykste persoon in Suid-Korea, en het ook groot bedrae geld geskenk aan stigtings wat deur ’n goeie vriend beheer word.

Dit is nie bekend of hy later sal kwalifiseer vir parool nie, en daar is geen aanduiding wie intussen as voorsitter van Samsung sal optree nie.

Lee Jae-yong se regsverteenwoordiger het egter gesê die saak is nog nie afgehandel nie, en sal op appèl geneem word.

Foto – Lee Jae-yong