Robert reis na SA om (dis)Grace te red

Zimbabwe se president was gereed om na Suid-Afrika te reis, maar het ter elfder ure sy planne verander.

Die doel van sy besoek is blykbaar in ‘n poging om die probleme rondom sy vrou se aanrandingsaak te probeer beredder.

Intussen swyg die polisie oor waar (dis)Grace Mugabe haar tans bevind nadat sy nie ‘n ooreenkoms nagekom het om haarself aan die polisie te oorhandig nie.  Hulle beweer dat hulle vir haar sit en wag het om haarself oor te gee, maar sy het van die geleentheid gebruik gemaak om haar uit die voete te maak en terug te keer na Harare.

Haar regspan probeer nou aanspraak daarop maak dat sy diplomatieke immuniteit het en daarom vrygestel is van vervolging.  Die Nasionale Vervolgings Gesag het dit egter geweier.