Rex Tillerson is VSA se sterkman

Die Amerikaanse Minister van Buitelandse Sake het godvresende die afgelope weke getoon dat hy waarskynlik die Amerikaanse “sterk man” in die Trump-administrasie is.

Tillerson het vroeër besoeke bring aan Sjina en Rusland, en kon derhalwe  nie die Navo byeenkoms bywoon nie, maar het met sy onderhandelings die ergste weerstand afgebreek wat van die twee moondhede ondervind is.

 Amerikaners vestig toenemend hulle hoop op Tillerson om die Amerikaanse beeld in die wêreld te herstel en die verhouding met Sjina en Rusland gaan verbeter.

Sedert president Trump die bewind oorgeneem het, het betrekkinge met Sjina en Rusland aansienlik verswak.

Trump het die groen lig gegee dat verskerpte sanksies teen Rusland toegepas word, en het verlede week die Sjinese daarvan beskuldig dat hulle met onbillike handelspraktyke besig is.

Pas na die kommuniste van Noord-Korea hulle jongste lansering van ’n ballistiese missiel suksesvol uitgevoer het, het Minister Tillerson gesê hy wil graag gesprek voer met Noord-Korea, want Amerika is nie hulle vyand nie, en wil ook nie Kim Jong-Un se bewind omvêr gooi nie.

Die kommunistiese Kim Jong-Un het tot hede geen kommentaar gelewer oor die opmerkings van Tillerson nie.

Foto – Minister Rex Tillerson