Rekord hoeveelheid heroïen gevind

Die Indiese kuswag het op ’n vreemde boot beslag gelê wat 1,5 metrieke ton heroïen aan boord gehad het.

Die besending word op ’n straatwaarde van niks minder as R7 300 miljoen gestel nie, en die polisie in Indië sê dit is die grootste besending dwelmmiddels wat hulle tot nog toe by smokkelaars gekry het.

Die vaartuig waarop die heroïen was, is na die hawestad Porbandar geneem en word deur die polisie bewaak terwyl die bemanning aangehou word om later die week in die hof te verskyn.

Indië word reeds vir dekades as afsetgebied gestel deur dwelm smokkelaars uit Afghanistan, Pakistan, Mjanmar en Nepal, wat dit ook na ander gebied in die wêreld versprei.