Regse Fillon groet die Franse politiek

Die Republikein en nasionalistiese Francois Fillon  het aangekondig dat hy die politieke toneel gaan verlaat na veertig jaar van aktiewe betrokkenheid.

Die 63-jarige Fillon het besluit om sy politieke loopbaan te verruil vir ’n nuwe loopbaan in die finansiële wêreld van Frankryk.

Met die besluit word ’n politieke hoofstuk afgesluit waar hy as voormalige presidentskandidaat van die Republikeine die knie moes buig in die verkiesing teen die huidige president Macron wat daarin kon slaag om die sosialiste se ondersteuning te behou.

Omdat Fillon die sterkste kandidaat was om die presidentsverkiesing te wen, het die sosialiste en die media daarin geslaag om hom as korrup voor te hou aan kiesers terwyl die huidige president soortgelyke “oortredings” begaan het word stilweg onder die mat in gevee is.

Fillon volg nou dieselfde roete as die konserwatiewe oud-president Nicolas Sarkozy wat ook ’n loopbaan in die finansiële wêreld begin het nadat hy die politieke arena verlaat het.

Francois Fillon het vir ’n termyn van vyf jaar as eerste minister onder leiding van president Sarkozy gedien.

Foto – Francois Fillon