Regering mors R1 miljard op IT stelsel

Die Nasionale Tesourie is deur SCOPA “vermaan” oor hul mislukte opgradering van  die regering se IT stelsel.

Dit ten spyte daarvan dat reeds meer as R1 miljard spandeer is op die aanvangsfase.

Die tesourie se direkteur-generaal, Dondo Mogajane, het erken dat die eerste fase nooit voltooi is nie .

Minister Malusi Gigaba van finansies sê dat ‘n ondersoekspan saamgestel sal word wat die befondsing en inwerkingstelling van die stelsel sal ondersoek.

Foto: Dondo Mogajane