Ramaphosa sing Zuma deuntjie

Dat daar geen verskil is in die ideologiese siening van Cyril Ramaphosa en Jacob Zuma nie, het duidelik geword uit opmerkings wat deur Ramaphosa gemaak is en wat maar net ‘n refrein is van wat Zuma by herhaling sê.

“Ons het die politieke mag, maar die ekonomie word steeds beheer deur ’n minderheid. Ons kan nie voortgaan met ’n ekonomie wat deur die minderheid – wit en manlik – beheer word nie,” het Ramaphosa gesê by ‘n geleentheid wat hy toegespreek het.

“As Suid-Afrika wil hê sy ekonomie moet op ses silinders, pleks van twee funksioneer, moet hy die ekonomie meer toeganklik vir alle Suid-Afrikaners maak. Die ekonomie moet hervorm word en dit sál gebeur,” het Ramaphosa gesê.