Ramaphosa hakkel oor (dis)Grace

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa het gesukkel om die regering se besluit om diplomatieke immuniteit aan Robert Mugabe se vrou, Grace, te verdedig tydens ‘n vraesessie in die parlement..

Volgens hom is dit die eerste keer wat so iets gebeur het en daar is voor- en nadele aan die besluit verbonde.

Hy het verder ‘n vraag ontwyk of SAL ‘n verdere reddingsboei van R10 miljard gaan ontvang deurdat minister Gigaba van plan is om Telkom aandele te verkoop om die geld te bekom.

Die bodemlose put van SAL sluk al hoe meer geld van die land in terwyl die adjunkminister van finansies, Sfiso Buthelezi, erken dat daar massiewe sameswering en bedrog is binne SAL.