President Temer van Brasilië oorleef stemming

Brasilië se konserwatiewe president, Michel Temer, het die stemming van die Kongres oorleef wat teen hom gehou is weens beweerde korrupsie.

Die opposisie het geëis dat ’n stemming gehou word nadat beweer is dat die president betrokke is by ’n korrupsie skandaal wat die land reeds vir etlike maande kniehalter.

Minstens ’n tweederde meerderheid is nodig in die Huis van Afgevaardigdes om die president uit sy pos te skors, maar 263 lede van die 513 het gestem ten gunste van die president, terwyl 250 teen Temer gestem het.

President Temer het na afloop van die stemming gesê die uitslag toon ’n duidelike wil van parlementslede dat hy ongehinderd mag voortgaan met sy werk aangesien dit ’n onbetwiste oorwinning is.

Foto – President Michel Temer