Polisie verloor stryd teen misdaad

Die polisie is nie besig om die stryd teen misdaad te wen nie.

Die erkenning kom van die hoof van analise van die Valke, generaal-majoor Peter Arendse.  Hy het voor ‘n parlementêre portefeuljekomitee verskyn.

Dit blyk ook dat arbeidswetgewing poging verhinder om te adverteer om bekwame kundiges aan te stel in ‘n eenheid wat fokus op prioriteitsmisdade soos dwelms en onwettige wapens, veral op die Kaapse vlakte.

Vir die laaste drie maande kon die eenheid geen enkele onwettige vuurwapen opgespoor en gekonfiskeer kry nie, terwyl bendemoorde voortduur.

VF Plus leier, dr. Pieter Groenewald, het gesê hy is bly dat Arendse ten minste eerlik was oor die feit dat hulle die stryd teen misdaad aan die verloor is.