Polisie slaan toe op mediese fakulteit

Skootrekenaars en elektroniese apparaat van meer as 200 personeel lede van die Universiteit van Kwa-Zulu Natal is tydens ‘n polisie klopjag gekonfiskeer.

Dit is in opvolging van ‘n ondersoek na beweerde plasing van studente in die mediese fakulteit en die fakulteit van Gesondheidswetenskap teen vergoeding.