Polisie moet hoes na boewery

Die polisie moet ingevolge ‘n hofbevel R265 000 uitbetaal nadat twee polisielede ‘n man van sy vryheid beroof en ernstig aangerand het.

Gerald Peter Carey van Glen Marais, Kempton Park het gebreekte ribbe en ’n gekraakte polsgewrig opgedoen toe hy met ’n aluminiumbofbalkolf geslaan en met stewels geskop is.

Twee polisielede het hom in Mei 2013 voorgekeer, hom in sy voertuig gedwing en hom na ‘n mielieland geneem waar hulle gedreig het om hom dood te slaan met die bofbalkolf.  Toe hy dit regkry om te ontvlug, het hulle ook gedreig om hom te skiet. Hulle het ook Carey se beursie en geld gesteel.

Na die voorval moes hy twee nagte in die hospitaal bly.