PnP dank werkers af

Die Pick ‘n Pay groep het aangekondig dat hulle 10% van hul personeel gaan afdank.  Die besluit gaan bykans 3 500 werkers raak.

Die maatskappy gaan vrywillige skeidingspakkette aan werkers aanbied om die groep meer kompeterend te maak in ‘n mark wat sy eerste resessie beleef in agt jaar.

Die groep verwag dat hul aandeleverdienste met bykans 20% gaan val.

Intussen het, soos vroeër berig, Stuttafords besluit dit is tyd om toe te maak, dit na die eerste winkel  in 1858 in Kaapstad geopen is . Mr Price het in Mei die eerste keer in 16 jaar hul eerste jaarlikse daling in profyt aangekondig.