Pasop vir jou selfoon

Statistieke toon dat die regering onwettig  mense se selfone afluister of inligting bekom van oproepe sonder dat ‘n regter volgens wet toestemming verleen het dat daar inligting bekom mag word.

Volgens die RICA is slegs in 760 gevalle toestemming verleen in 2015/16 vir “meeluistering”.  In dieselfde jaar het landdroste meer as 25 000 lasbriewe gemagtig vir sulke optrede.

Dit blyk nou egter dat wetstoepassers meer as 70 000 fone in 2017 “getap” het.