Parlement verloor vertroue in Muthambi

Die vorige minister van kommunikasie, Faith Muthambi,  het gepoog om die parlement te mislei oor aangeleenthede wat die openbare uitsaaier, die SAUK, raak.

Dit blyk uit ‘n verslag van die parlement se regsdienste.

Daar is verder aangetoon dat Theresa Geldenhuys die ondersoekbeamptes mislei het. James Aguma, prof. Mbulaheni en dr. Ben Ngubane is ook in die verslag uitgewys as persone wat misleidende verklarings gemaak het.

Muthambi is ook as nuwe minister van openbare administrasie in die moeilikheid nadat sy versuim het om voor ‘n portefeuljekomitee te verskyn oor beweerde misbruik van staatsgelde om vriende en familie te laat reis na haar intreerede.

Aguma het bedank by die SAUK nadat dissiplinêre stappe teen hom ingestel is en Ngubane het bedank as Eskom se voorsitter na beweerde Gupta verbintenisse.

Foto: Faith Muthambi