OUTA kla Singh aan

Die organisasie OUTA het strafregtelike klagtes teen die geskorste hoof finansiële beampte van Eskom, Anoj Singh, gelê.

Dit volg kort nadat Eskom in ‘n verklaring erken het dat hul gelieg het oor betalings wat die Gupta gebroeders bevoordeel het deur die Trillian groep.  Betalings wat deur Singh gemagtig is beloop glo meer as R400 miljoen.

Singh is in Julie geskors hangende ‘n Eskom ondersoek oor sy sake.

Intussen het minister Lynne Brown die Eskom raad 48 uur kans gegee om ‘n verslag voor te lê waarin hulle hul aanvanklike misleiding en leuens verduidelik.

Foto: Anoj Singh