OUTA kla Guptas en Zuma jnr aan

Die burgerregte groep, OUTA, het klagtes van verraad, afpersing en bedrog gelê teen die Gupta broers en hoofman Zuma se seun, Duduzane Zuma.

Volgens mnr. Ben Theron van OUTA is die broers en Zuma die oorsaak van die staatskaping wat plaasgevind het.

Die klagtes is by die Randburg polisie stasie gelê met die doel om georganiseerde misdaad te bekamp.