Oud-minister vir moord ondersoek

Een van die ministers wat kritiek teen Zuma geuit het en toe uit sy pos verwyder het, word nou ondersoek op aanklag van moord.

Ngoako Ramatlhodi het na bewering een van sy huurders wat nie betaal het nie, met kookwater bygekom.  Joseph Menge sê Ramatlhodi en sy lyfwagte het hom eers met ‘n yster voorwerp en ‘n bakpan geslaan, waarna hulle hom verder gemartel het deur kookwater oor hom te gooi.

Ramatlhodi ontken die aantygings ten sterkste en sal ter gelegener tyd sy weergawe van die gebeure openbaar.

Hy is in Maart vanjaar as minister afgedank nadat hy geweier het om Mzwanele Manyi aan te stel as direkteur-generaal in die departement van minerale hulpbronne, omdat Manyi ‘n uitgesproke Gupta ondersteuner was. Manyi het nou twee van die Guptas se media maatskappye in ‘n bedenklike transaksie oorgeneem.

Foto: Ngoako Ramatlhodi