Op die volksakker – “staat” of “staatsdiens”

Die wesentlike gevaar van woordkaping is begripsverwarring, maar meer nog, dat daardie begripsverwarring oorgaan tot ʼn verwronge “nuwe” werklikheid.

“Staat” is ʼn term wat ons bykans daagliks in die nuus hoor, selde ten goede. Van “staatskaping” tot “staatskuld” wat aanleiding gee tot batebeslaglegging, is die een gemene faktor die tipies Afrika antwoord op elke mislukking”dit is nie my fout nie”.

“Dit is die staat…” – natuurlik bedoelende die struktuur, of die een of ander nalatenskap of ander rede anders as die mislukking van die (normaalweg oneerlike en/of onbevoegde) amptenaar, of die immer gewilde “ek is arm”.  En word vervolging ingestel, hoor mens spoedig “omdat ek swart is”.  (Selfs DA skryf toenemend hul eie mislukkings toe aan “nalatenskap” – daardie nalatenskap waarvoor HULLE dekades lank voorbrand gemaak het, wat hulle steeds verdedig wanneer dit hul politieke agenda pas.)

Dat daar sistemiese probleme is, kan nie weggeredeneer word nie, maar nogtans is die grondoorsaak te vind in woordkaping en begripsverwarring – afgestem op allerlei “beeldpoets” tegnieke van firmas soos Bell Pottinger en ander sogenaamde “media” bestuurders.

“Staat” is net ʼn baie vae versamelwoord vir wat eintlik “STAATSDIENS” behoort te heet.  Elke amptenaar, insluitend elkeen wat hulleself bepaalde gesag aanmatig, is bloot daar ter diens van die belastingbetaler.

Die “staat” is gevolglik leweloos – dit kan nie steel, geld wanaanwend of halfhartige diens lewer nie.  Dit kan nie onderdrukkend optree nie.

Daardie foute is te vinde in die mense, en die mense se aard en (gebrek) aan etiese waardes is die gevolg van ʼn opsetlik verdraaide lewensbeskouing.

Dit is daardie amptenare wat steel, wat toelaat dat geldmag belange die funksionarisse van die staat omkoop, wat besluit om onproduktiewe, onbevoegde of doodgewoon korrupte mede-amptenare beskerm deur “herontplooiing” (soos die uitgesproke polisieminister, na korrupsie oopgevlek was by die lughawepolisie, skuldige lede bloot na ander streke verplaas!).

Verder beskik die “staat” geensins oor die vrymag om met ons belastinggeld om te gaan soos tans gebeur nie. Elkeen wat ʼn staatsdiens salaris ontvang sonder om sy of haar maksimum te gee, is korrup; elkeen wat dit betaal is ewe korrup.

Elkeen wat geld wanaanwend, sowel as die ontvanger daarvan, is ewe korrup.  Die publiek vergeet al te gou dat ofskoon die amptenary ooglopend korrup is en optree, hulle bloot een kant van die probleem verteenwoordig – is dit dalk te gerieflik om die aandeel van die sakewêreld te ignoreer, moontlik omdat dit soms ongerieflik naby aan eie belange sny?

Terwyl seminare, ondersoeke en debatte voortduur, is die finale doodslag vir hierdie bose sirkel, dat dit nie polities korrek geag word om die ware grondoorsaak selfs te noem nie.

Dat die Afrikaan se lewensbeskouing berus op ʼn kultus mag- en hebsug: wie nie het nie, neem bloot van sy buurman wat hy begeer; en bied daardie buurman weerstand, ontketen dit bandelose geweld.

Ons sien dit in die politieke onrus in onder andere Natal – eerder as om kommissies van ondersoek te loods, kan mense bloot die nuusblaaie van die 1980’s tot 1990’s gaan lees, om die Mandela-bloudruk vir gewelddadige real-politiek as oorsaak te eien.

Die enkele verstandige stemme uit die politieke moeras word ook gewetenloos verguis – selfs ten koste van die land se ekonomie. (En hierin is die ANC nie die enigste skuldiges nie; terwyl Zille maar gemaai het wat sy saai, is daar geen verskil tussen die afdanking van ʼn minister, of die verguising van ʼn interne politieke opponent nie – Afrika se magsug in aksie!)

Ons sien ongekende vlakke van geweld in die voortslepende volksmoord – ook hier kan ons net teruggaan na die geskiedenis van moord en doodslag, swart-op-wit én swart-op-swart.

Die geweld teen veral ons volk word ook gevoer op meer subtiele wyse en op haas elke lewensterrein: danksy die Mandela-strategië, wat onder Mbeki tot volle ontplooiing en wetgewende verskansing gevoer is, maak die (heidense) grondwet voorsiening vir planmatige rassehaat en uitbuiting van blankes, bloot op grond van ras.

Daarom kan ons kultuurgoedere tot gronde toe verwoes word, daarom kan ons stelselmatig selfs ons lewensbehoud ontneem word deur “gelyke” indiensneming, ekonomiese “bemagtiging” en nog wat.

En namate die Afrikaan besef dat, byvoorbeeld, blote batebesit geen waarborg van welvaart bied nie, wil een van die ANC se primêre presidentskandidate nou eensklaps die opbrengs op bates ook vir die massa toeëien.

Terwyl letterlik skares “ontleders” die ANC magstryd dophou en toelig, kraai bykans geen haan na die openbare kommunistiese manifesto’s nie. (Openlik, want SA is in 1994 deur ʼn kommunistiese regering oorgeneem)

Nogmaals moet ons die beroep op ons mense herhaal. “Staat” is dood sonder DIENS; en diens kan slegs volhoubaar wees met gesonde bestuur, maar veral met produktiewe én vaardige personeel.

Dit is egter ʼn resep wat politici nooit sal toepas nie, juis omdat die bedeling van politieke “oorsig” die ergste vergryp en vermorsing verteenwoordig.

Partypolitiek moet dringend met tegnokratiese regering, sonder verskuilde belange, vervang word om die verval te keer.