Op die volksakker – relatiewe haat

Die rasse-spanning in die VSA is insiggewend en leersaam.  Miskien gee die feit dat ons dit as buitestanders kan aanskou, ietwat dieper perspektief.

Die grondoorsake en vals ideologieë wat die spanning in veral voormalige konfederale state kenmerk, is maar in dieselfde idioom as wat ter plaatse misbruik word om blankes van hul erfenis en waardes te vervreem.

Op ʼn direkte vraag oor wedersydse onverdraagsaamheid, antwoord ʼn invloedryke (liberale) spreker (in wese) dat enige onverdraagsaamheid teen (blanke) haat kan nie in dieselfde ernstige lig beskou word as die (nie-blanke) reaksie nie.

Toe hy gekonfronteer word met die feit dat erfenis (ook daar is dit ook standbeelde) wat vir een groep belangrik is, deur almal minstens eerbiedig behoort te word, was sy antwoord dat erfenis erkenning moet verander namate demografie verander!

Hy is uiteindelik gedwing om te erken dat enige blanke erfenis van die “westerse samelewing” word ten beste beskou as rasse hoogmoed en moet bloot om daardie rede verwyder word.

In SA val sulke uitlatings ons nie vreemd op nie.

Maar wat ons hier moet raaksien is dat die Anglo-Amerikaanse invloed steeds ons plaaslike debat rig, met verdraaide terminologie, vervalste inhoud en kunsmatige haat.

Voeg daarby die kultuur van Afrika, geskoei op “mag is reg” beskouing waarbinne wraak en heerssug sentraal staan, en die vonk is in die kruitvat.

Hoe ons egter hierdie werklikheid gaan hanteer, bly egter ʼn aktuele vraag.

Dit begin by die eeue-oue militêre riglyn: “Ken jou vyand”  Ook, of veral, die vyand wat jy dalk verkeerdelik as vriend of bondgenoot aansien!

Om ʼn bekende spreekwoord ietwat aan te pas: Indien jy weet wie met die semels meng, selfs net in geringe mate, weet jy wie bes moontlik môre of oormôre se verraaier gaan wees.

Ongelukkig is mense se geheue vandag bitter kort en is meeste mense nie meer van die stoffasie van ons voorsate wat hierdie land getem het nie.  Vandag wil meeste van ons eie mense terugsit en gerieflik lewe, ongeag die kompromis wat dit vereis.

Ook diesulkes moet ons eien vir die inherente vyande van vryheid, wat bloot op enige Afrikaner-volkstaat sal parasiteer, soos hul tans alle beginsels oorboord sal gooi ter wille geld, invloed, stemme en nog wat.

Maar dit bring ons terug by die werklikheid.

Onlangs het op dieselfde naweek twee opspraakwekkende voorvalle die nuus gehaal.

Aanranding van vroue deur ʼn adjunkminister, en lou amptelike reaksie en (grootliks) kritieklose aanvaarding van gebeure.

ʼn Openbare geveg tussen twee groepe mense by ʼn wegneemete winkel, en onmiddelik is die blanke betrokkenes verguis en word hulle (klaarblyklik selektief) vervolg.

Dat openbare oproerigheid onvanpas is, moet prontuit gestel word.  Maar om bloot die blanke betrokkenes uit te sonder vir karakterskending en vervolging spreek openlik van die selektiewe toepassing van “haat” deur ons samelewing en die huidige maghebbers.

Maar méér insiggewend is die reaksie van die burgerlike samelewing – daardie “redders” wat onmiddelik die blanke aangeklaagdes in die nasionale koor help verguis het.

En namate die waarheid ontrafel (soos na die Spur-skandaal) is daardie selfde segsmanne doodstil.

Wat het dit met die VSA te doen?

Sogenaamde burgerregte organisasies is ʼn kreatuur van die humanisme, vreemd aan elke Christen-Afrikaner.  Finansiële- en ander bande met die VSA strek sover terug as die destydse ministers wat in die 1989-94 era hul instruksies uit Washington ontvang het.

Vandag is die toenmalige president se stigting en prominente ‘waghond’ organisasies bondgenote.

Die vraag aan elke leser: is hul bondgenote tot ons behoud, of wil hulle die ontwakende vryheidsstrewe onder ʼn nuwe geslag van ons jongmense blus?