Ongekende hittegolf tref Europa

Die suidoostelike gebiede van Europa gaan gebuk onder die ergste hittegolf wat nog ooit opgeteken is vir die kontinent.

Die hittegolf wat die noorde van Afrika tref, het ook lande soos Spanje, Frankryk en Italië in ’n greep, terwyl die Balkanstate ewe swaar getref word.

Die geweldige hittegolf, wat “Lucifer” gedoop is het op plekke van soveel as 40 grade Celsius tot 51 grade Celsius gestyg.

Italië, wat geteister word deur die hewigste droogte in die afgelope 200 jaar, se hoofstad Rome ondervind ernstige watertekort en selfs die nood waterbron se watervlak daal skerp weens die geweldige hitte.

Honderde mense beland in hospitale wens ontwatering en hitte uitputting, en mense word gemaan om nie aan die son blootgestel te word nie, en seker te maak dat hulle water by hulle het gedurende die dag.

Die lande wat die meeste deur die hittegolf getref word is Italië, Spanje, Kroasië, Bosnië-Herzegovina, Switserland, Hongarye, Pole, Roemenië, Slowenië en Montenegro.

Wetenskaplikes waarsku dat die verskynsel gaan toeneem in die volgende 50 jaar en erge hitte gaan sekere gebiede onleefbaar maak.