Oekraïne lewer onderdele aan N-Korea

’n Vervaardiger van onderdele in die Oekraïne lewer belangrike onderdele aan die kommunistiese Noord-Korea om sy missiele te ontwikkel.

Die lewering van onderdele verklaar nou aan wetenskaplikes waarom die land se missieltoetse so vinnig gevorder het, want die noodsaaklikste onderdele is deur die vervaardiger verskaf.

Die inligting het pas in ’n berig van die Amerikaanse koerant, die New York Times verskyn, maar die Oekraïne ontken die bewering ten sterkste.

Die regering van die Oekraïne het in ’n verklaring gesê die inligting is vals en is ’n manier wat deur die Russiese geheime diens opgedis is in hulle veldtog om die Oekraïne te diskrediteer.

Die Oekraïne beskuldig nou die Russe daarvan dat Moskou die leweransier is van die belangrike onderdele wat Noord-Korea benodig vir die bou van sy ballistiese missiele.

Die Amerikaanse koerant beweer egter dat die staatsbeheerde Joezjmasj, die noodsaaklike motore lewer wat gebruik word vir die missiele.

Die motore word gelewer nadat die konflik met Rusland ontstaan het en lewering van motore aan Moskou gestaak is en produksie gehandhaaf moes word.

Deskundiges sê die berig bevat waarskynlik die waarheid aangesien die vervaardiging van sulke motore hoë tegnologiese vernuf vereis, en dan ook verklaar waarom die Noord-Koreaanse regime so vinnig gevorder het met die ontwikkeling van ballistiese missiele.

Die motore wat deur die Oekraïne voorsien is, is noodsaaklik omdat dit die aandrywings meganisme is vir ’n ballistiese missiel.

Die Oekraïne is veronderstel om ’n bondgenoot van Amerika en Europa te wees, maar kenners is nou skepties oor die verhouding.