Nuwe kommunikasiedirekteur afgedank

President Donald Trump het die nuut aangestelde kommunikasiedirekteur van die Wit Huis, enkele dae na sy aanstelling, weer afgedank.

Anthony Scaramucci is ’n week gelede aangestel as direkteur in die Wit Huis, en sy optrede het daartoe gelei dat Reince Priebus kort daarna sy bedanking ingedien het omdat hy beskuldig is as iemand met ’n dubbele persoonlikheid.

Die president was vroeër gewaarsku om Anthony Scaramucci nie aan te stel nie.

Anthony Scaramucci het die personeel in die Wit Huis gedreig dat hulle afgedank sou word indien hulle enige inligting na die pers sou lek, maar die liberale New York Times het uit ’n anonieme bron al die nuus ontvang wat as vertroulike inligting beskou word.

Die optrede van President Trump laat talle vrae opduik, en meningsvormers is van oordeel dat die president nie deeglike navorsing doen voor hy iemand aanstel nie, met die gevolg dat hulle net so gou weer ontslaan word.

Die is nie duidelik of Anthony Scaramucci geheel en al ontslaan is nie, en of hy slegs as kommunikasie direkteur uit sy pos verwyder word en steeds betrokke bly in die Wit Huis nie.

Sy verwydering uit die pos as direkteur kom kort nadat John Kelly aangestel is, maar dit is onduidelik of Kelly met die ontslag te make hett.

Een van die koerante in Amerika beweer dat Anthony Scaramucci self sy besluit het om as kommunikasiehoof te bedank en nie deur Trump afgedank is nie.

Foto – Anthony Scaramucci