Nuusflitse

Vyf rowers doodgeskiet in Durban

Vyf vermeende rowers is doodgeskiet in ‘n kontantwa rooftog. ‘n Vyfde persoon is in hegtenis geneem en een verdagte is nog soek.  Goeie werk SAP – skiet dood.

Winnie teregstellings terug?

‘n Vrou is in Atteridgeville, Pretoria, aan die brand gesteek nadat  petrol oor haar gegooi is. Alhoewel daar nie van buitebande gebruik gemaak is nie, laat die gebeure sterk herinner aan die halsbandmoorde waarvoor Winnie Mandela berugtheid verwerf het.

Bendegeweld voor hof

Die bende Mekka van Suid Afrika, Kaapstad, het nuwe betekenis gekry toe bendelede voor die Belville hof op mekaar begin skiet het.  Daar is klaarblyklik niemand gewond in die skietery nie.

KUT gesluit oor geweld

Die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie moes tydelik gesluit word nadat geweld uitgebreek het en ‘n lokaal aan die brand gesteek is oor gebrekkige studente huisvesting.  Veiligheidsmaatreëls is intussen opgeskerp.

Geweld in Kleinmond

Betogers het bande in die strate gebrand, ‘n munisipale gebou met klippe bestook en twee winkels geplunder. Die rede daarvoor word gewyt aan werksverliese.