Noord-Korea wil self kernwapens vervaardig

Noord Korea het glo begin om sy kernwapen program uit te bou, en wil nou self onderdele vervaardig vir sy kernreaktor wat gebou moet word.

Die inligting is bekendgemaak deur die Internasionale Atoomkrag Agentskap in ’n verslag wat die afgelope naweek vrygestel is.

Volgens die agentskap wil die Noord-Koreaanse regime besluit om ’n bestaande reaktor aan die gang te hou wat glo die brandstof vir die program voorsien.

Die geïsoleerde kommunistiese land het met die nuwe poging sy eie verleentheid probeer verberg met sy spioene wat kernkrag inligting te probeer steel.

Wetenskaplikes wys daarop dat die kommuniste besef hulle nuwe reaktor moet veel groter en kragtiger wees as die bestaande Yongbyonreaktor, maar of die Koreane oor die vernuf beskik om so ’n reaktor te bou sonder om menselewens in gevaar te stel, sal slegs die tyd leer, maar dit gaan nog etlike jare neem om opgerig te kry.

Inligting dui daarop dat die bestaande kernreaktor nog nie in die afgelope jaar in gebruik was nie, wat bevestig dat alle materiaal van elders bekom is, en dit wys die vinger na Sjina en Rusland.

Foto – Kim Jong-Un