Noord-Korea misluk alweer

Die sogenaamde wetenskaplikes van Noord-Korea het hulle onvermoë verder blootgestel aan die wêreld toe hulle die afgelope week minstens drie missiele afgevuur het, en al drie mislukte lanserings was.

Twee van die missiele wat lanseer is, het ’n klein ent die lug ingegaan en toe teruggestort na moeder aarde.

Die derde lansering was nog swakker toe die missiel skaars sy basis verlaat het en toe teruggeval het.

Die eerste twee wat lanseer is, kon slegs sowat 240 kilometer trek voor dit in die see neer geplons het, terwyl die derde een kwalik sy basis verlaat het.

Deskundiges vermoed dat die kommuniste se bron wat toerusting voorsien het, met die verskerpte sanksies verbied is om voorraad aan Noord-Korea te stuur, en die land wil nou self daarmee begin.

Die lansering is bedoel om die burgers te beïndruk deur die lansering te doen op een van die land se belangrikste vakansiedae, en sou ook dien as teenvoeter vir die gesamentlike weermagoperasies van Amerikaanse en Suid-Koreaanse magte.