Noord-Korea lanseer nog missiele

Noord-Korea het weer ’n missiel lanseer wat in die rigting van Japan gestuur is en Dinsdag in die see beland het sonder om enige grondgebied te bedreig.

Die regering van Japan het die volk opgeroep om maatreëls in plek te hou teen ’n moontlike missielaanval uit die kommunistiese skiereiland.

Die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad het kort daarna ’n dringende spoedvergadering belê om die krisis te bespreek en moontlike maatreëls te tref.

In reaksie op die lansering het Suid-Korea ’n militêre oefening in die noordelike provinsie gehou na aan die gedemilitariseerde grensgebied tussen die twee state.

Japan het later bevestig dat die missiel sowat 2 700 kilometer afgelê het en ’n hoogte van nagenoeg 550 kilometer bereik het.

Die missiel het in drie stukke gebreek voor dit neergestort het en is later beskryf as ’n tipe Hwasong-12. middelafstand missiel.

Die stukke het sowat 1 180 kilometer van die kus van die Japanse eiland Hokkaido. In die see geval, en kort daarna het die Japanse waarskuwings alarms afgegaan om almal te waarsku dat hulle paraat moet bly vir enige gebeurlikheid.

Die eerste minister van Japan, Shinzo Abe, het intussen ’n veiligheidsvergadering in sy land gehou om die bedreiging te bespreek en sal na verwagting later ’n verklaring uitreik oor wat Japan beplan.

Foto – Premier Shinzo Abe