Nog ‘n korrupte Zuma

Mxolisi Saddy Zuma, seun van Jacob Zuma by sy oorlede vrou, Kate Manstho, het gepoog om ‘n makelaar om te koop by Altech UEC.

Dit was in ‘n poging om die maatskappy te help om ‘n multimiljard rand kontrak te bekom.

Hy sou na bewering R54 miljoen ontvang as “konsultasiefooi” vir sy werk.  Die kontrak het egter deur die mat geval.

Twee senior personeellede by Altech was betrokke in die onderhandelinge maar die maatskappy het bevestig dat geen gelde oorbetaal is nie aangesien die tender nie toegestaan is nie.

Dit beteken egter ook dat die maatskappy bereid was om mee te doen aan omkopery.

Drie ander seuns van Zuma, Duduzane, Khulubuse en Mqondisi word ook daarvan beskuldig dat hul bevoordeel is deur hul pa met onderhandelings om kontrakte te bekom.