Nog ’n deurbraak teen Alzheimer

’n Nuwe deurbraak teen Alzheimer is deur Bart De Strooper en Lucia Chavez-Gutiérrez,  gemaak toe hulle ’n nuwe roete ontdek het om Alzheimer te voorkom.

Die  navorsingspan het ontdek hoe die eiwit oplossing in die mens se brein die oorsaak is van hoe Alzheimer veroorsaak word.

In die mens se brein waar Alzheimer teenwoordig is, word eiwit oplossings of ook “plaak” genoem, gevorm wat klaarblyklik lei tot die uiteindelike sterfte van senuwee selle wat dan lei tot geheueverlies en ander simptome.

Die plaak wat gevorm het, bestaan uit eiwitte oplossings geproduseer deur gamma-secretase ensieme wat weer ander negatiewe stowwe produseer wat skadelik is vir die breinselle.

Noudat die wetenskaplikes weet hoe die skadelike stowwe geproduseer word, kan die vorming daarvan voorkom word deur die eiwit vorming te bekamp.

Die wetenskaplikes wil die verslag wat opgestel is, in verskeie tale vertaal en dit laat publiseer in gesaghebbende mediese tydskrifte.