Nog ‘n brug kan val

Skaars nadat ‘n voetgangerbrug oor die N3 inmekaar gestort het, blyk dit dat nog ‘n brug op geleende tyd staan en enige tyd ook kan val.

Die voetgangersbrug by Vereenigingweg naby die Angus stasie in Alberton, het sigbare strukturele probleme.  Voetgangers huiwer om die brug te gebruik.  Krake is duidelik sigbaar.

Die Ekhuruleni stadsraad sê hy is bewus van die krake, en wyt dit aan ‘n vragmotor wat ongeveer 10 jaar gelede onder die brug vasgesit het en die beton beskadig het. Herstelwerk is toe gedoen en ingenieurs het dit op daardie stadium veilig verklaar.

Nietemin sal hulle ‘n spesialis aanstel om die brug te inspekteer en met oplossings na vore te kom – as die brug teen daardie tyd nog staan.