Nog ‘n aspirant presidentskandidaat

Daar is al ses kandidate wat aspireer om Jacob Zuma as ANC-president op te volg, maar dit lyk of die lys aspirante nog nie gesluit het nie.

Die voorsitter van die ANC in Gauteng, Paul Mashatile, het ‘n kwalik bedekte skimp gegooi dat hy ook bereid sou wees om tot die leierstryd toe te tree.  Hy is aangehaal dat hy gesê het dat hy bereid is om genomineer te word vir enige pos in die sogenaamde “top ses”, selfs al sou hy vir die presidentskap genomineer te word.

Tot dusver was hy ‘n Ramaphosa-ondersteuner.