Nasionalistiese Duitsers gedenk Rudolf Hess

Duisende nasionalistiese Duitsers het die afgelope naweek die dood van Adolf Hitler se tweede in bevel, Rudolf Hess, herdenk met ’n optog deur die strate van Berlyn.

Die optog wat vreedsaam verloop het, is ontsier toe iemand moedswillig was om die optoggangers te tart.

Uiteindelik is die nasionaliste in die media daarvan beskuldig dat hulle verregse aggressie openbaar soos in die VSA gebeur het met die verwydering van ’n volksman se standbeeld omdat swartes dit geëis het.

Die optog is met kleurvolle vlae en baniere gekenmerk, en die polisie het in groot getalle saam met die nasionaliste beweeg, maar het nie juis kans gekry om, soos wat blykbaar verwag is, amok te maak en mense beseer soos wat voorheen die geval was nie.