Nasionaliste onwrikbaar in Duitsland

Onder leiding van dr. Frauke Petry, staat die Alternatief vir Duitsland steeds besonder stewig te midde van voorspellings dat die nasionalistiese party eersdaags van die toneel gaan verdwyn.

In die Mecklenburg-Wes is die party waarskynlik die beste verteenwoordig, en groei sy ledetal al is dit die streek waar die minste onwettige immigrante gehuisves word.

Die AFD het wel steun verloor nadat die regerende party van Bondskanselier Angela Merkel stil geword het oor toelating van onwettige immigrante toe duisende partygenote gedreig het om die AFD te steun as immigrasie nie strenger beheer word nie.

Voorspellings dui daarop dat die AFD kan staatmaak op 7 tot 12% steun in die komende algemene verkiesing wat in September gehou word.

Merkel se kanse om herkies te word het aansienlik verbeter nadat sy geswig het voor die druk van haar koalisie vennoot wat ook beswaar gemaak het oor haar “oop deur” benadering waarmee sy derduisende onwettige immigrante in die land toegelaat het.

Foto – Dr. Frauke Petry